Manuscript Submissions
Lux Verbi publishers
Voornemende skrywers is welkom om ’n boekvoorstel voor te lê vir oorweging.
Riglyne vir ’n niefiksie boekvoorstel
- Die skrywer(s) se titel, volledige naam en van, telefoonnommers en e-posadres.
- ’n Opsomming van die werk in een sin.
- ’n Kort oorsig of sinopsis van die werk in ongeveer 400 woorde of drie tot vier paragrawe.
- ’n Kort beskrywing van ongeveer ’n bladsy oor die behoefte in die mark wat deur die werk aangespreek word.
- ’n Halwe tot volle bladsy met biografiese besonderhede oor die skrywer(s) wat onder meer sê waarom die skrywer(s) kwalifiseer om oor die onderwerp te skryf. Lys ook vorige gepubliseerde werke met ’n aanduiding van verkope. Sluit asseblief ’n klein foto van jouself in.
- Lys enige onderskrywings of aanbevelings van jou werk deur relevante persone.
- ’n Beskrywing van die teikenleser of mark. Waarom sal iemand die boek koop? Hoe kan die mark bereik word? Het die skrywer enige spesiale verbintenis met die mark? Watter ander boeke en tydskrifte lees die waarskynlike teikenleser?
- In watter mate is jy beskikbaar om betrokke te wees by die bemarking van jou boek? Het jy ’n bestaande platform waarmee jy jou teikenleser direk sou kon bereik? Sou jy lesers kon toespreek oor die onderwerp?
- Watter ander boeke van die afgelope 5 jaar oor hierdie onderwerp is reeds beskikbaar en sal meeding met jou boek? Wat maak jou boek anders of beter as hierdie boeke?
- Wat is die beplande omvang van jou boek (aantal woorde) en teen wanneer sal die werk voltooi wees?
- Lys die hoofstukke met ’n kort paragraaf wat wys waaroor elke hoofstuk gaan.
- Sluit asseblief een of twee volledige voorbeeldhoofstukke in.
Alle teks moet asseblief in 12 punt en dubbelspasiëring gedruk wees op A4-bladsye. Pos dit vir die aandag van Lux Verbi, Posbus 879, Kaapstad 8000.
Stuur asseblief ’n afskrif en nie die oorspronklike materiaal nie. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore materiaal nie en stuur ook nie afgekeurde voorleggings terug nie.
Stuur elektroniese voorleggings aan Meredith Sauls - luxverbi@luxverbi.co.za.
Riglyne vir ’n fiksie boekvoorstel
- Die skrywer(s) se titel, volledige naam en van, telefoonnommers en e-posadres.
- ’n Opsomming van die werk in een sin.
- ’n Kort oorsig of sinopsis van die werk in ongeveer 400 woorde of drie tot vier paragrawe.
- ’n Beskrywing van die teikenleser of mark. Waarom sal iemand die boek koop? Hoe kan die mark bereik word? Het die skrywer enige spesiale verbintenis met die mark? Watter ander boeke en tydskrifte lees die waarskynlike teikenleser?
- ’n Halwe tot volle bladsy met biografiese besonderhede oor die skrywer(s) wat onder meer sê waarom die skrywer(s) kwalifiseer om oor die onderwerp te skryf. Lys ook vorige gepubliseerde werke met ’n aanduiding van verkope. Het jy enige skryftoekennings ontvang of enige skryfskole of –kursusse bygewoon, of enige opleiding ontvang in kreatiewe skryfkuns?
- In watter mate is jy beskikbaar om betrokke te wees by die bemarking van jou boek? Het jy ’n bestaande platform waarmee jy jou teikenleser direk sou kon bereik, soos ’n webwerf of ’n webjoernaal (blog)? Sou jy lesers kon toespreek?
- Lys vier of vyf boeke wat met jou boek vergelyk kan word. In watter mate is hierdie boeke vergelykbaar met joune en hoe verskil joune daarvan?
- Wat is die beplande omvang van jou boek (aantal woorde) en teen wanneer sal die werk voltooi wees?
- Verskaf asseblief ’n volledige, langer sinopsis wat die verhaal beskryf van begin tot einde, in nie langer as vyf bladsye nie.
- Sluit asseblief die eerste 50 bladsye in.
Stuur asseblief ’n afskrif en nie die oorspronklike materiaal nie. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore materiaal nie en stuur ook nie afgekeurde voorleggings terug nie.
Stuur elektroniese voorleggings aan Meredith Sauls na luxverbi@luxverbi.co.za.
Guidelines for non-fiction proposals
The author’s title, full name and surname, telephone numbers and e-mail address.
A summary of the work in one sentence.
A short overview or synopsis of the work in about 400 words of three to four paragraphs.
A short description of about a page about the need in the market that the work addresses.
Biographical information about the author(s) of about a page or half a page that shows why the author is qualified to write about the subject. List previously published works and articles and sales information. Include a small photograph of yourself in colour.
List any endorsements of your work by relevant persons.
Include a description of the target reader or audience. Why would anyone buy your book? How can the target audience be reached? Do you have any special relationship to the market? What books and magazines does this audience already read? What radio and TV programs do they tune into?
How are you able to reach your target audience to market your book? Do you have an existing platform to reach your readers? Do you have a regular blog or newsletter, Twitter followers or Facebook friends (include stats) and are you willing to participate in speaking events?
What other books of the past 5 years are in print on the same subject? How is your book different and better?
How many words will your book be? How long after the signing of a contract will it take you to complete the book?
Include a chapter outline with chapter titles and a few short sentences that capture each chapter’s theme.
Include your introduction and one or two full chapters.
Submissions can be sent to:
Lux Verbi
NB Publishers
PO Box 879
Cape Town
8000
Electronic nonfiction submissions should be mailed to Meredith Sauls - luxverbi@luxverbi.co.za
Guidelines for fiction proposals
|
Submissions can be sent to:
Lux Verbi
NB Publishers
PO Box 879
Cape Town
8000
Electronic fiction submissions should be mailed to Meredith Sauls - luxverbi@luxverbi.co.za